Tel 044 690 7156 Tuesday 23 August, 2016 Vote for ward committees 3 Trein van Hoop hier Die bekende Phelophepa-gesondheidsorg- trein, wat gesondheidsorgdienste na behoeftige plattelandse gemeenskappe bring, het op Maandag, 22 Augustus in Mosselbaai...
More
Tel 044 690 7156 Tuesday 23 August, 2016 Vote for ward committees 3 Trein van Hoop hier Die bekende Phelophepa-gesondheidsorg- trein, wat gesondheidsorgdienste na behoeftige plattelandse gemeenskappe bring, het op Maandag, 22 Augustus in Mosselbaai arriveer. Die trein sal hier staan tot Vrydag, 26 Augustus. Die trein, wat ook as die Trein van Hoop bekend staan, is ingerig om ‘n wye reeks mediese dienste aan behoeftige mense in landelike gemeenskappe te verskaf. Tydens die eerste dag het honderde mense in rye vir mediese dienste gewag. Die wagtendes het elk ‘n stomende koppie sop gekry. Die trein beskik oor opgeleide algemene mediese praktisyns, tandartse, oogkundiges, sielkundiges en ander mediese personeel. Sommige dienste word gratis verskaf, terwyl ‘n klein fooi in sekere gevalle van toepassing is. Die gratis dienste word moontlik gemaak omdat baie van die mediese personeel vrywilligers of studente is. Algemene mediese ondersoeke, oogondersoeke- en toetse, gratis tandondersoeke, die
Less